Mandrakelinux

          Installasie instruksies - Mandrakelinux 10.2

  Konfigurasie Benodig
    * Pentium of aanpasbare verwerker
    * CDROM-aandrywer
    * Ten minste 32 MB geheue, 64MB word aanbeveel

  Om Mandrakelinux te installeer kan so maklik wees as om die installasie
  CD in die CDROM-aandrywer te sit en u rekenaar te herlaai. Kyk asb.
  onder punt 1 vir meer inligting.

  LET WEL:

   * Indien u opgradeer vanaf enige van die 7.x, 8.x of 9.x Mandrakelinux
     weergawes, onthou om eers asb. 'n rugsteun van u stelsel te neem.
   * Opgraderings vanaf ouer weergawes (voor 7.0) word NIE ondersteun NIE!
     In sulke gevalle moet u 'n nuwe installasie doen en nie 'n
     opgradering nie.

============================================================================

  Hier is die metodes om Mandrakelinux te installeer:

   1. Selflaai direk vanaf die CD
   2. Maak 'n selflaaiskyf met Windows
   3. Ander installasiemetodes

============================================================================

 1. Selflaai direk vanaf die CD

  Die Installasie-CDROM is selflaaibaar. In meeste gevalle kan u die CD
  in die aandrywer plaas en die rekenaar herlaai. Volg dan die instruksies
  op die skerm: druk die [Enter] sleutel om die installasie te begin of
  druk [F1] vir verdere hulp.

  LET WEL:

  Op sekere skootrekenaars, sal die stelsel nie vanaf 'n CD selflaai nie.
  In so 'n geval moet u 'n herlaaiskyf gebruik. Sien punt 2 vir detail.

============================================================================

 2. Maak 'n selflaaiskyf met Windows

  Indien u rekenaar nie vanaf 'n CDROM kan selflaai nie en die ander metodes
  nie werk nie, kan u 'n herlaaiskyf as volg maak:

   * plaas die CDROM in die aandrywer en maak die "My Computer" ikon
     oop. Regskliek op die CDROM-skyfikon en selekteer "Open"
   * gaan na die "dosutils" l�ergids en dubbelkliek op
     die "rawwritewin" ikon
   * sit 'n le� stiffie in die aandrywer
   * selekteer "D:\images\cdrom.img" in die "Image
     File" veld (met die aanvaarding dat "D:" die CDROM is,
     andersins vervang "D:" soos nodig).
   * kies "A:" in die "Skyfaandrywer" veld en kliek
     op "Skryf".

  Om die installasie te begin:

   * Om die installasie te begin sit die CDROM en herlaaiskyf in die
     nodige aandrywers
   * en herbegin die rekenaar.

============================================================================

 3. Ander installasiemetodes

  Indien, vir enige rede, die vorige metodes nie u doel dien nie (u
  mag dalk 'n netwerkinstallasie wil uitvoer of van PCMCIA af installeer),
  moet u ook 'n selflaaiskyf maak:

   * In Linux (of enige ander moderne unix) tik die volgende:
     $ dd if=xxxxx.img of=/dev/fd0
   * In Windows, volg die metode in punt 2 beskryf, maar vervang
     xxxxx.img (sien onder) in die plek van cdrom.img.
   * In DOS, (as die CD is skyf D: is), doen�:
     D:\> dosutils\rawrite.exe -f install\images\xxxxx.img -d A

  Hier is the selflaaibeelde:

 +-----------------+------------------------------------------------------+
 | cdrom.img       | installeer vanaf CDROM                               |
 +-----------------+------------------------------------------------------+
 | hd_grub.img     | installeer vanaf hardeskyf (van 'n Linux, Windows,   |
 |                 | of ReiserFS l�erstelsel)                             |
 |                 | u kan dit vir u stelsel konfigureer by:              |
 |                 | http://qa.mandrakesoft.com/hd_grub.cgi               |
 +-----------------+------------------------------------------------------+
 | network.img     | installeer vanaf ftp/nfs/http                        |
 |                 | LW: u sal gepor word om network_drivers.img          |
 |                 | in die skyfaandrywer te plaas                        |
 +-----------------+------------------------------------------------------+
 | pcmcia.img      | installeer vanaf PCMCIA-toestelle (waarskuwing,      |
 |                 | meeste PCMCIA-netwerktoestelle word direk ondersteun |
 |                 | in network.img)                                      |
 +-----------------+------------------------------------------------------+

  U kan ook boot.iso op 'n CDROM brand en daarvan af selflaai. Dit
  ondersteun alle installasie metodes, cdrom, netwerk en hardeskyf

============================================================================

  U kan ook 'n teksgebaseerde installasie doen, indien u dalk probleme
  met die verstek grafiese installasie ondervind. Om dit te gebruik, druk
  [F1] by die Mandrakelinux verwelkomingskerm en tik dan
  text op die instruksielyn.

  Indien u benodig om 'n redding op u bestaande Mandrakelinux uit te voer,
  selflaai vanaf die installasie CDROM of enige selflaaiskyf, druk [F1]
  by die Mandrakelinux verwelkoming en tik dan rescue op die instruksielyn.

  Sien http://www.mandrakelinux.com/drakx/README
  vir meer tegniese inligting.

============================================================================

 Hoofstappe van installasie:

  1. Plaas die installasie CDROM (of installasieskyf indien nodig)
     in die korrekte skyfaandrywer en herlaai die rekenaar.
  2. Druk [Enter] wanneer die Mandrakelinux verwelkoming vertoon word
     en volg die instruksies noukeurig na.
  3. Na installasie verwyder die CDROM (en selflaaiskyf indien nodig);
     die rekenaar behoort te selflaai.
  4. Mandrakelinux behoort te begin. Na die selflaaiproses, kan u "aanteken"
    op die rekenaar as "root" of enige ander gebruikerskode wat u tydens
    installasie geskep het.

  Baie belangrik:

  Die "root" gebruikerskode sal u onbeperkte toegang gee tot die
  Linux-stelsel. Moet dit nie gebruik, behalwe vir konfigurasie or
  administrasie nie. Vir normale daaglikse take, gebruik 'n normale
  gebruikerskode wat u opstel met "userdrake" program of
  met die "adduser" en "passwd" instruksies.

                    Voorspoed met Mandrakelinux!

============================================================================

  Vir installasie ondersteuning sien die Mandrakelinux diffusielys
  en die neulvrae (FAQ) op die Mandrakesoft webwerf:

   * E-Ondersteuning by http://www.mandrakeexpert.com/
   * Mandrakelinux errata by
     http://www.mandrakelinux.com/en/errata.php3
   * Mandrakelinux sekuriteitsaanskondigings by
     http://www.mandrakesoft.com/security/advisories/
   * Aanlyndokumentasie by http://www.mandrakelinux.com/en/fdoc.php3
   * Lees en sluit aan by die aanlynbesprekingsforums van Mandrakeclub by
     http://www.mandrakeclub.com
   * Teken in op ep-poslyste by
     http://www.mandrakelinux.com/en/flists.php3
   * Maklik deursoekbare e-poslysargiewe by
     http://marc.theaimsgroup.com/
   * Deursoek die internet m.b.v. Google vir Linux
     http://www.google.com/linux
   * Deursoek Usenetgroepe m.b.v. Google Groepe by
     http://groups.google.com/groups?group=comp

============================================================================